Sunday, 27 February 2011

Verlief

Ek vou gedagtes op soos wasgoed
ek pak jou weg saam met die borde
ek sleep jou na buite in die asdrom sodat jy buite moet bly
maar jy glip terug met die gemorspos
en rek jou uit op die beddens wat ek moet opmaak
trek gesigte in die wasem van die badkamerspieël
en lag oopmond in die rondheid van stoofplate.
Ek het nooit besef hoe huislik jy is nie!

1 comment: