Sunday, 2 January 2011

Vrou

Plat mimiek op glas
koggel eindeloos
die barland van my lewe.
Ingekleurde prentjie lag
die droogte van my hart
twee dimensioneel af.
Buitelyne vou gemaklik
om my raam,
pers my saam
en merk my vrou
vir hier en nou.

No comments:

Post a comment