Sunday, 9 January 2011

Kersfees '97

In U hande is ek veilig
word ek heilig
Lig U my hoog
Sodat ek kan sien en ek prys
die werke van U hande.

U troetel my in liefde
Deurweek my met genade
fluister my vol vashouwoorde
totdat ek sterk is en kan vlieg
met oor oorwinning oor U aarde.

U is waardig.

No comments:

Post a comment