Sunday, 2 January 2011

afrikaanse gedagtes

Blogging is maar nog baie nuut vir my. Ek het hierdie blog geskep sodat ek 'n aanlyn kopie van my afrikaanse gedigte en versies kan skep.  Deesdae word mens se skootrekenaar so maklik gesteel en ek wil nie graag alles verloor nie.  Aangesien ek absoluut geen idee het hoe die blog storie werk nie en ek dus aanneem niemand behalwe ek gaan dit ooit lees nie, sit en praat ek hier baie lekker met myself.

Die doel is om een nuwe item per week te laai. Dit gee my ook bietjie van 'n motivering om aan te hou skryf.  Moet asb. nie meesterwerke op hierdie blog verwag nie. Ek lees genoeg om te weet my pogings is maar power, maar dis my uitlaatklep. Ek doen dit al van kleins af en dit werk vir my.  So as jy per ongeluk hier beland hoop ek jy vind iets om te lees wat jy geniet.  Voel vry om vir my jou pogings te stuur, ek laai dit graag. Dalk kan ons 'n versameling begin  :-)

Nou ja, laat ek gaan kosmaak. Dis spaghetti vannaand. O hel, ek gaan nooit maer word nie...

Groete van Maresa

2 comments:

  1. Dan is ek jou eerste leser! Kan nie wag om meer te lees nie.

    ReplyDelete
  2. Baie dankie Chèree, ek waardeer jou ondersteuning!

    ReplyDelete